VOKAAL (AFRIKAANS)

Event Date:
September 2, 2021
Event Location:
Merensky High School
DATUM: 2 September 2021
INSKRYWINGSFOOI: Groep – R150 | Solo – R100
BEOORDELAAR: Marlee van der Merwe
Deelnemers kan uit vyf kategorieë kies:
• Kategorie 1: Enkelitem (solo/1 deelnemer)
• Kategorie 2: Enkelitem (groep/2–4 deelnemers)
• Kategorie 3: Sangprogram (solo/1 deelnemer)
• Kategorie 4: Sangprogram (groep/2–4 deelnemers)
• Kategorie 5: Eie komposisie (solo of groep)
Deelnemers mag aan ‘n maksimum van TWEE kategorieë deelneem, waarvan een ‘n solo en een ‘n groepkategorie mag wees.
Deelnemers mag dus nie aan twee solo’s (Kategorie 1 en 3) of twee groepkategorieë (Kategorie 2 en 4) deelneem nie.
Enkelitem (Kategorie 1 en 2)
• In hierdie kategorieë sing deelnemers een lied.
• Verwerkings van bestaande liedere word in hierdie kategorieë toegelaat.
• Deelnemers kies uit die volgende genres (verwys na sillabus hieronder vir ouderdomspesifieke vereistes):
Klassiek / Rock / Pop / Gospel / Country / Tradisioneel / Etnies
Sangprogram (Kategorie 3 en 4)
• In hierdie kategorieë bied deelnemers ‘n sangprogram aan in ‘n verskeidenheid genres wat die sanger/s se vokale vermoë ten toon stel.
• Verwerkings van bestaande liedere word in hierdie kategorieë toegelaat.
• Die program mag in een of meer tale gesing word.
• Deelnemers kies uit die volgende style (verwys na sillabus hieronder vir ouderdomspesifieke vereistes):
Klassiek / Rock / Pop / Gospel / Country / Tradisioneel / Etnies
Eie komposisie (Kategorie 5)
• In hierdie kategorie sing die deelnemers hul eie komposisie vir 1 – 4 sangers.
• Die komposisie moet die deelnemer/s se eie oorspronklike werk wees. Geen verwerkings van bestaande liedere word in hierdie kategorie toegelaat nie.
• Die item moet vooraf gekomponeer word, m.a.w. nie geïmproviseer nie.
• Deelnemers kies uit die volgende style (verwys na sillabus hieronder vir ouderdomspesifieke vereistes):
Klassiek / Rock / Pop / Gospel / Country / Tradisioneel / Etnies
Algemene inligting
• Elke deelnemer ontvang ‘n sertifikaat en beoordelaarsverslag na afloop van die sessie.
• In elke ouderdomskategorie word ‘n wenner, naaswenner, 3de plek en mees belowende sanger na afloop van die sessie aangewys.
• Akoestiese begeleiding/”backing track”/a-capella of ‘n kombinasie daarvan word toegelaat.
• Deelnemers wat hulself begelei, word nie bevoordeel bo eksterne begeleiding nie.
• ‘n Elektroniese klavier is beskikbaar.
• ‘n Klanktegnikus en mikrofone is beskikbaar in die lokaal.
• Backing track: SLEGS MP3 FORMAAT op USB moet voor aanvang van elke kategoriesessie by die klanktafel ingehandig word. Hoegenaamd geen musiek sal van selfone afgelaai word nie.
• Die begeleiding vir die program moet gesny word sodat dit net as 1 snit op USB gesien word, met kandidaat se naam as die titel.
• DRAG: Gepas vir ouderdom en program/item, bv. teaterdrag/swart &wit/denim.
• Rekwisiete is toelaatbaar. Geen kostuumwisselings word toegelaat nie.
• Daar is beperkte kleedkamerfasiliteit; meld asseblief in kostuum aan.
• Nie-nakoming van die bogenoemde reëls kan tot diskwalifikasie lei.
